Willemien Brümmer

Nuwe, opwindende stem in SA letterkunde
‘n resensie van my boek deur André P Brink

Nuwe, opwindende stem in SA letterkunde

Die Klein-Karoo is een van die land se vrugbaarste streke: vir volstruise, lusern en ander gewasse, en vir stories. Vertellers vanaf CJ Langenhoven tot Abraham de Vries het gesorg dat dié gebied voortdurend gekarteer bly. En pas het daar ’n nuwe opwindende stem bygekom wat duidelik bestem is om een van die onthoubare name in ons letterkunde te word.

Dié naam is Willemien Brümmer, bekende en bekroonde joernalis van Die Burger, en bowendien agterkleindogter van Langenhoven.

Haar debuutwerk, onder die fassinerende titel Die Dag toe Ek my Hare Losgemaak het, is pas deur Human & Rousseau gepubliseer.

Dit behoort tot ’n genre wat die afgelope paar dekades in die wêreldliteratuur al meer prominent geraak het: op die oog af ’n versameling kortverhale wat elkeen afsonderlik kan bestaan, maar wat ook as ’n groeiende groter geheel saam­gelees kan word.

In Afrikaans was Fransi Phillips se Clown-stories een van die vroeë voorbeelde; in Engels is dit by ons al skitterend beoefen deur Zoë Wicomb, in You Can’t Get Lost in Cape Town.

In 12 stories, almal vindingryk en indrukwekkend, met net enke­le dowwe kolle (die ietwat te enkelduidige “Die Sneeukoningin”, of “Sker­we”, of die te kortaf “Het ­jou!”), word daar telkens ’n digte en veelduidige teks geweef ron­dom die figuur van Mia, vanaf jong kind tot jong moeder, in die hart van haar familie wat deur middelpuntvliedende én -soekende mag­te bepaal word.

Haar pa is die wetenskaplike, die skeikundige wat werk met formules en skemas; haar ma die (gewese) verhoogkunstenaar wat in en uit verbeelding en herinnering haar huidige frustrasies moet besweer. Agter hulle skemer ook ander figure: veral Ouma Ragel, wat vanslewe tydens die oorstroming in Beaufort-Wes haar voordeur oopgemaak het sodat die vloed kan inkom; en Mia se neef Chris wat ’n sleutelepisode met haar gedeel het toe hy ’n voor-op-die-wa elfjarige was en sy ’n dogtertjie van ses.

Byna onvermydelik is daar dan deurentyd ’n spanning tussen he­de en verlede, elkeen gelaai met kragte wat op die ander inwerk.

Maar daar is ’n selfs belangriker spanning tussen die vanselfsprekende, realistiese oppervlak van elke teks en die donkerder, moeiliker peilbare storiewêreld daarágter: dit bring mee dat Mia in die titelverhaal ingesuig kan word in die Rooikappieverhaal van die dier (vroeër wolf, nou in die gedaante van ’n jakkals) wat haar naïwiteit bedreig – met die wonderlike kinkel dat wanneer die “skurk”, die oorlogsfotograaf (juis!) wat Mia as sy slagoffer teiken, haar vra om vir die fotosessie te ontklee, dit sy self is wat ten slotte, nadat hy haar haar klere laat uittrek het, in ’n laaste gebaar van medepligtigheid – en ’n huldeblyk aan Raponsie in haar toringsel X self haar lang hare losmaak.

In ’n vroeë vorm van die verhaal was dit hy wat haar beveel het om dit te doen; in hierdie veel sterker weergawe is dit sy self wat die insiatief, en daarmee die verantwoordelikheid, neem.

Volledige teks in Die Burger