Books LIVE

February

23

Close it

Willemien Brümmer

@ Books LIVE

About Willemien Brümmer

Willemien BrümmerWillemien Brümmer is ’n bekroonde joernalis van Kaapstad, wat reeds onder meer ’n Mondi- en ’n Vodacom Joernalis van die Jaar-toekenning gewen het vir haar koerantartikels. As joernalis was sy onder meer mediese verslaggewer, die skrywer van die weeklikse rubrieke Oop Kaarte en Van Alle Kante in Die Burger en diepte-skrywer by Insig. Deesdae is sy spesialis-verslaggewer by By.

Die dag toe ek my hare losgemaak het is haar eerste boek. ‘n Vroeër vorm is geskryf as deel van die Meestersgraad in kreatiewe skryfwerk wat sy (cum laude) onder prof. Etienne van Heerden aan die Universiteit van Kaapstad voltooi het. Willemien was die debuutwenner van die Woordfees se kortverhaalkompetisie in 2005. In haar vrye tyd klim sy berg en sing opera.